SAPD Vrouenetwerk sien behoefte raak

Die Vrouenetwerk van die SAPD op Ladismith het 25 pare skoene aan die Primêre Skool Towerkop op Ladismith geskenk nadat van die lede opgemerk het dat leerders van die skool kaalvoet skool toe loop. Hulle het dadelik besluit om iets aan die nood van dié leerders te doen en het fondse tussen lede begin insamel. Volgens die hoof-personeelbeampte van die SAPD, Zimasa Nombande, is die skoene is op 26 Februarie aan die skool oorhandig en was die verbasing en blydskap duidelik op die gesiggies van die dankbare leerders waarneembaar. Hier van links is Keith Meyer (adjunkprinsipaal), Zimasa Nombande en Zelda Mentoor by van die leerders. Foto: Deon Meyer