Sers Gretchen Michaels, brig Januari en sers S Lewis.
DIE Oudtshoorn SAPD het op Vrydag, 26 Mei, ’n prestasietoekenningsgeleentheid by die Toekomsrus Gemeenskapsaal gehad.
Die ontvangers van toekennings was: Charlene Thomson (administratiewe werknemer van die jaar, vlak 5-7), kapt Jeffrey Julies (administratiewe werknemer van die jaar, vlak 8012), sers S Lewis (Vispol-werknemer van die jaar, 5-7), lt kol Wayne Venter (Vispol-werknemer van die jaar, 8-12), sers Anthony Witbooi (speurder-werknemer van die jaar), sers Gretchen Michaels (vrou van die jaar), ao S Swanepoel (sportster van die jaar), res sers A Malgas en res kons M Maasdorp (reserviste van die jaar), kons R Strydom (persoon met ongeskiktheid van die jaar), Ondersteuningsdienste (beste komponent van die jaar), lt kol N Amose (stasiebevelvoerder-toekenning – bestuurder van die jaar) en die B-span-speurders (stasiebevelvoerder-toekenning – beste groep van die jaar).
SAPD doen toekennings vir prestasie

Van links is sers Hendrica le Kay, sers Hildegard Scholtz, brig Levona Januari, ao Leyla Claassen en Sers Mable Levendal Foto’s: Rudy van Heerden

Die B-Groep-speurders wat die stasiebelvoerderstoeken- ning vir die beste groep ontvang het. Van links is konst Franlin Erasmus, brig Levona Januari, sers Suzette Witbooi, gnl maj Oswald Reddy en sers Anthony Witbooi. Afwesig: kapt Johan Bouwer, ao Wessels Bower, ao Morne van Rensburg, sers Vuyo Ludonga en sers Eviton Loggenberg.