Rotariërs dra by tot gesondheid van gemeenskap

Miemie Maritz (regs agter) van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid, en Suné Rupping (naasregs agter) van die Oudts­hoorn Rotariërklub kyk toe terwyl inwoners gesondheidstoetse ondergaan.

DIE Oudtshoorn Rotariërklub het op Woensdag en Donderdag, 2 en 3 Oktober, Rotary Family Health Days (RFHD) by Highgate Volstruisplaas en GG Kamp in Bridgton aangebied soos wat Rotariër­klubs landswyd vir behoeftige gemeenskappe doen.

Die plaaslike gesondheidsdag op 2 Oktober is by die Highgate en op 3 Oktober by GG Kamp gehou.
Altesame 552 mense het gesondheidsdienste ontvang. Dié dienste sluit in die neem van bloeddruk, suikertoetse om diabete te identifiseer en HTS-toetse om mense met Vigs te identifiseer.

Van die inwoners het ook tandheelkundige ­dienste ontvang. Altesame 160 leesbrille is aan inwoners ge­skenk. Inwoners van die Dysselsdorp Outehuis het ook brille ontvang.