Die familie van Hannetjie Jafta (néé Jordaan) het die naweek van 5 en 6 Oktober op Dysselsdorp vergader vir ’n fa-milie-erfenisreünie. Ouma Hannetjie, wat op Middelplaas in die De Rust-omgewing gebore is en gewoon het, is in 2009 oorlede. Onder leiding van Gerhard Pieterse, ’n kleinseun, het haar nageslag van vier geslagte die reünie bygewoon. Daar was: 40 volwassenes en 25 kleinkinders, agterkleinkinders en agter-agterkleinkinders. (Foto verskaf.)