Rotariërs bemark Pierewiet Kleuterskool, vier Mandeladag

Die Oudtshoorn Rotariër-klub het Saterdag Mandeladag in ’n woonge- bied in Volmoed naby die Pierewiet Kleuterskool gevier en terselfdertyd die kleuterskool aan die inwoners van die omge-wing bemark. ’n Nuwe skoolgebou vir Pierewiet is deur bemiddeling van die Rotariërs gebou en in Oktober 2016 in gebruik geneem. Tydens die ge-leentheid is dit aan die inwoners beklemtoon hoe belangrik vroeëkindont­wikkeling vir kinders se toekomstige welsyn is en dat Pierewiet dit vir hul kleingoed bied. Die inwoners het die oggend elkeen ’n warm koppie sop met toebroodjies ge-kry. Aan die ouer inwo-ners is warm kniekom- bersies geskenk om te help teen die winter­koue en Pierewiet se kleuters het elkeen ’n mooi blou mussie met die Rotariër-embleem daarop ontvang. ’n Aantal vrywil- ligers het die kinders se gesiggies ingekleur wat groot opgewondenheid veroorsaak het. Eden FM was daar en het Piere-wiet gehelp reklameer.