Relay for Life verenig inwoners

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Klein Karoo-tak het Saterdag (19 Februarie) die gewilde Relay for Life by die De Jager Sportkompleks in Oudtshoorn aangebied. Hier stap kankeroorwinnaars rondom die baan tydens hul gedenkrondte. Die geleentheid word aangebied om diegene wat kanker beveg, dit oorwin het, of dié wat reeds gesterf het, te vereer, te ont­hou en aan te moedig. Versorgers het ook hul eie rondte om die baan gestap. Besig­hede, staatsinstellings en individue het omstreeks 19:00 weggespring en tot vroeg die volgende oggend gestap en gehardloop om hul ondersteuning vir die saak te toon, en fondse in te samel. Foto: Stefan Skapie Goosen