DIE Oudtshoorn Polisie werf tans reserviste wat die polisie kan bystaan om misdaad hok te slaan.
Dit is ’n vrywillige diens en enige persoon tussen 25 en 40 jaar kan aansoek doen. Persone wie se aansoeke suksesvol is, sal deur die SAPD opgelei word en saam met die operasionele lede diens verrig.
Daar is sekere vereistes vir persone wat wil aansluit om te verseker dat diegene wat aangestel word, die take wat hulle opgelê word, sal kan uitvoer. Van die belangrikste vereistes is dat die aansoeker ’n Suid-Afrikanse burger moet wees; geestelik, fisiek en medies geskik moet wees; ’n vaste werk moet hê en en in besit van ’n senior sertifikaat moet wees.
Volledige vereistes en aansoekvorms is beskikbaar by Grieta Nel by die Oudtshoorn Polisiekantoor (kamer 103; 044 203 9043).