• KKI vier Mandeladag deur uit te reik na 700 kinders

Kinders staan gister tou in Bridgton waar die KKI WE CARE-ondersteuningsgroep sop en versnaperings uitgedeel het.

Personeellede van KKI wat gister betrokke was by die Mandeladag-uitreikaksie in Bridgton. Foto’s verskaf
KLEIN Karoo International op Oudtshoorn se KKI WE CARE-ondersteuningsgroep het gister saam met Klein Karoo (Edms) Bpk as deel van Mandeladag 2018 sop aan meer as 700 kinders voorsien en ook aan elke kind ’n versnaperingspakkie gegee.
Die KKI WE CARE-ondersteuningsgroep bestaan uit personeel van al drie afdelings van KKI, naamlik die abattoir, die vere-afdeling en die looiery.
Die groep het ten doel om alle werknemers waar nodig te ondersteun, en saam te werk met Famsa asook plaaslike staatsdepartemente wat berading gee.
Die KKI WE CARE-ondersteuningsgroep ondersteun ook werknemers in tye van sterfgevalle en siekte deur onder meer die betrokke familielede te besoek.