Kleuters bring vreugde na vele inwoners van aftree-oord

an links agter staan Tamzyn Boonzaaier (prinsipaal), Megan Quantiney (assistent), Mella Erasmus (opvoeder), en Silvia Baartman (opvoeder). By hulle is Cynthia Mawona (ouer).

Van links agter staan Tamzyn Boonzaaier (prinsipaal), Megan Quantiney (assistent), Mella Erasmus (opvoeder), en Silvia Baartman (opvoeder). By hulle is Cynthia Mawona (ouer).

Een van die kleuters kry ’n drukkie by een van die inwoners.           Foto’s verskaf

Een van die kleuters kry ’n drukkie by een van die inwoners. Foto’s verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Crayons Dagsorg op Oudtshoorn het Vrydag vir die inwoners van Helen Bellinganhof Ouetehuis besoek as deel van ’n jaarlikse gemeenskaps­projek-inisiatief van die kleuterskool.

Die kleuters het geskenke uitgedeel, stories gelees en baie drukkies en soentjies uitgedeel.

“Ons het ook in elke eetsaal ’n klein konsert vir bejaardes gehou,” sê Tamzyn Boonzaaier, prinsipaal.

“Ons het gesing, gebede gehou en gedans. Van die oomies het saam met ons gedans en ander het van blydskap gehuil. Een van die tannies het vir my gesê dit is die beste dag in haar lewe. Sy was lanklaas so gelukkig om so baie kinders se glimlaggies te sien – dit is waarom ons dit doen.”