Kara-Jade wen Lollos-kaartjies

DIE sesjarige Kara-Jade Weimers van Oudtshoorn is die wenner van twee kaartjies vir die Lollos-vertoning Saterdag op Oudtshoorn.

Die antwoord op die vraag van verlede week se kompetisie in Die Hoorn waarin twee kaartjies vir Lollos gewen kan word, waarvoor is Lollos bang, was natuurlik Gomgompie.

Baie geluk, Kara-Jade! Geniet die vertoning!

• Die gewilde Lollos is Saterdag om 16:00 in Langenhoven Gimnasium se skoolsaal op die planke.
Lollos, Lettie, Disco en Minki laat weet hulle sien vreeslik uit dat hul maatjies van Oudtshoorn vir hul kom hallo sê. “Ons kan nie wag om die maatjies te vertel van die keer toe ons by Willa die Gorilla se Pretpark gaan speel het nie,” laat weet hulle.

Lettie se dit sal “finominominominaal” wees as die maatjies saam met haar soos gorillas kan dans!
Navrae en kaartjies by: admin@kindervermaak. co.za / 061 121 1725 / 082 410 7682. Kaartjies (R80 en onder een jaar gratis) is ook by die deure te koop. Daar word versoek dat mense vooraf bespreek.