Is jy braaf genoeg vir ’n goeie doel?

Is jy braaf genoeg en bereid om jou hare te laat afskeer vir ’n goeie doel.

Die motorfietsklub, Die Warlocks van Oudtshoorn gaan op 24 Maart 2024 ’n fondsinsamelingsprojek tesame met Kansa (Die Kankervereniging van Suid-Afrika) doen, by Smitswinkel hier op Oudtshoorn.

Kansa is opsoek na ’n gewillige persoon met lang hare wat bereid sal wees om hul hare af te skeer, en so help met om fondse in te samel.

In 2022 het Dorathea Louw, haar hare laat afskeer, en R20 000 ingesamel.

As jy braaf genoeg is, kontak vir Adri Odendaal van Kansa by 072 133 0444. Foto verskaf

Be the first to comment on "Is jy braaf genoeg vir ’n goeie doel?"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*