Bo: Siziwe Dingiswayo (links) doen Ansie Gerber se grimering.
Onder: Tutie Mathee (links) en Alet de Jager wat haar mooigemaak het. Foto’s: Christine Schoeman

MANDELADAG was vanjaar ’n dag vol verrassings en opwinding vir die inwoners van Eljada Nasorg op Oudtshoorn.
Die Vroueforum van die Oudtshoorn Infanterieskool het die vroue van Eljada Nasorg dié dag bederf deur hul grimering en naels te versorg, terwyl die manlike inwoners ook gepamperlang is en elkeen ’n paar kouse gekry het. Hierna het al die inwoners kans gekry om doughnuts te versier, en is hulle verder bederf met koeldrank en kolwyntjies.
Die Vroueforum het ook wol, garing, borduurgaring, knope, skryfbehoeftes en legkaarte aan die instituut geskenk.