Oud-Happy Hearts-spelers het op 28 Februarie in die Nicholaniasaal in Bridgton ’n gedenkdiens gehou vir Johanna Claassen, jarelange bestuurder van die klub. Sy is op 21 Februarie oorlede. Die diens is waargeneem deur ’n oud-lid, Lenie Arends. Medelye-boodskappe van oud-spelers van regoor die land is voorgelees, terwyl ’n kersseremonie, sang en ’n blaasorkes ook deel van die diens uitgemaak het. Foto verskaf