Grace International vier diplomaplegtigheid

Biskop Zerach Pinon van Grace International (links voor) saam met die vlak 2-studente. Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Christian Counsellors of Oudtshoorn (CCO) staan onder die gesag van die Grace International Church met past Willie Coetzee as plaaslike leier. Hierdie gemeente bestaan al vier jaar in Oudts-hoorn en het Sondag (25 November) hul diploma­plegtigheid in die Alpha Teater in Bridgton gevier.

Biskop Zerach Pinon is die tutor en leier en neem self die opleiding waar vir al die vlakke van opleiding. Studente word vir elke graadvlak vir twee weke intensief opgelei. Die opleiding is gratis en behels berading, asook leierskapontwikkeling.

Die missiestelling van die CCO is nie om ’n gemeente te stig nie en verskillende denominasies is deel hiervan. Lede word aangemoedig om terug te gaan na hul onderskeie gemeentes. Studente wat nie lid is van ’n gemeente nie, word aangemoe­dig om hul kennis met ander te deel.

Die beginsels van liefde, verdraag­saamheid, eenheid en nederigheid word sterk beklemtoon.

Vir meer inligting oor volgende jaar se kursusse, kontak Eishieda May by sel 083 922 5147 of Veronica Lois by sel 083 783 0063.