Die Oudtshoorn Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nooi inwoners na ’n gemeenskapsimbizo wat op Sondag 5 Julie om 14:00 by die Bridgton United Congregational Church plaasvind.
Die doel van die imbizo is om met die gemeenskap oor misdaad en bendegeweld in Oudtshoorn in gesprek te tree, terugvoer te ontvang en samewerking te versterk om dié uitdagings aan te spreek.
Die SAPD moedig inwoners aan om die geleentheid by te woon en hul bekommernisse, voorstelle en idees te deel.
Volgens die organiseerders speel samewerking tussen die polisie en die gemeenskap ’n belangrike rol in die bekamping van misdaad en die bevordering van veiliger woonbuurte.
Die byeenkoms begin om 14:00 en alle belangstellendes is welkom om dit by te woon.
Gemeenskapsimbizo fokus op misdaad en bendegeweld
