Frikkie en polisie leer kinders oor veiligheid

Ao Dirk Greeff van die K9-eenheid op Oudts-hoorn en sy hond Frikkie in aksie op die verhoog. Foto verskaf

LEERDERS van verskeie skole in die Oudts­hoorn-omgewing het die laaste tyd die geleentheid gekry om kennis te maak met ao Dirk Greeff van die K9-eenheid en sy hond Frikkie.

Hulle het skole saam met ander lede van die Oudtshoorn Polisie besoek om te gesels oor veilig­heid by skole en ook hoe om jou liggaam op te pas. Greeff en Frikkie se boodskap het die gevare van dwelmmisbruik aan die kinders verduidelik, terwyl ao Jacinda April verkeersligte as voorbeeld gebruik het vir kinders om gevare te identifiseer – die rooi lig beteken gevaar, die groen lig beteken dit is nog veilig.