Frederick Boezac wen die halwe lam!

Die wenner van die halwe lam, Frederick Boezac (middel), saam met Ewald Watson, eienaar van Watson & Sons Slaghuis (links), en Wynd­ham Ewerts, bemarker by Die Hoorn.               Foto: Die Hoorn

Die wenner van die halwe lam, Frederick Boezac (middel), saam met Ewald Watson, eienaar van Watson & Sons Slaghuis (links), en Wynd­ham Ewerts, bemarker by Die Hoorn. Foto: Die Hoorn

Die wenner van die halwe lam wat Die Hoorn die afgelope week in ’n leserskompetisie saam met Watson & Sons Slaghuis aangebied het, het ’n eienaar gekry. Die wenner is Frede­rick Boezac van Tweedelaan op Oudtshoorn.

Boezac, wat baie opgewonde was toe hy gehoor het dat hy die prys­wenner is, se naam is Dinsdag uit al die baie korrekte inskrywings getrek.

“Dis ’n baie goeie prys om te wen. Veral in hierdie tye,” het hy gesê.

Dankie aan al ons lesers van ver en naby wat ingeskryf het vir die kompetisie.

Dit was die eerste kompetisie van nog meer wat vanjaar op ons lesers wag. Daar wag nog vele lekker pryse vanjaar op die lesers van Die Hoorn.

In die volgende weke sal van ons lesers gratis kaartjies na die Kuier­buurt of vertonings by vanjaar se KKNK kan wen. Die eerste van dié kompetisies skop die week af.