Die Eljada-Kairosskool op Oudtshoorn het Dinsdagaand ’n borgegeselligheid by Die Boer & Vark Kuierplek gehou. Hennie Baartman (links) hoof van die skool, het gesê die onthaal is spesiaal aangebied om baie dankie te sê aan almal wat die skool die afgelope jaar ondersteun het. Saam met Baartman is (van naaslinks) Elize du Plessis, voorsitter van die bestuursliggaam, Bertus Conradie van Ricoh, en Mari-Lu Roller en Elzette Heunis, opvoeders van die skool. Foto: Schalk le Roux