Eljada-Kairos bedank ondersteuners

Bo: Hennie Baartman gesels met Marie Erasmus, moeder van Springbokafrigter, Rassie Erasmus, tydens Dinsdag se oggendtee. Foto: Hannes Visser Onder: ‘n Trotse skoolhoof voor Eljada-Kairos se splinternuwe bus. Foto verskaf.

Die personeel en leerders van Eljada-Kairos skool vir leerders met spesiale behoeftes het Dinsdag ’n aantal jarelange inwoners van Oudtshoorn bedank vir hulle betrokkenheid by – en ondersteuning van – Eljada.

Die skoolhoof, Hennie Baartman, het gesê dat Eljada die bydraes van inwoners en besighede op die dorp geweldig hoog ag aangesien die meerderheid van leerders wat versorg word uit behoeftige omstandighede kom.

Een van die gaste wat die oggendtee en die sangitems van die leerders bygewoon het, was Marie Erasmus, die moeder van Springbokafrigter, Rassie Erasmus. Sy het onlangs op Oudtshoorn kom aftree.

Baartman het ook die goeie nuus gedeel dat Eljada-Kairos ’n splintenuwe 34-sitplek bus van die WKOD ontvang het. Die bus word tans aangewend om leerders vanaf Dysselsdorp na Eljada-Kairos se twee persele in Oudtshoorn te vervoer. (HANNES VISSER)