Dysselsdorpers praat oor drankwet

DIE Dysselsdorp Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) het op 30 Januarie vergader om die nuwe wysigingswet op die bestaande dranklisensiewet te bespreek.

“Dit is verbasend hoe spotgoedkoop die dranklisensies en boetes is in vergelyking met die skade van fetale alkoholsindroom,” sê Trevor Basson, woordvoerder van die Dysselsdorp GPF.
Botha glo dit is te maklik om drank in die hande te kry.

“Dit is te maklik vir mense om weg te kom. Kinders wat met fetale alkoholsindroom gebore word, ly vir die res van hul lewens. Ons moet oplossings kry vir hierdie probleem.”

Johan Dreyer, sekretaris van die dranklisen­sietribunaal, het die vergadering bygewoon saam met Michael Jones, voorsitter van die Western Cape Liquor Authority (WCLA), en Phillip Prinsloo, adjunk-direkteur kommunikasie, onderwys en sakeverhoudinge van die WCLA.

Basson het inwoners genooi om voorstelle en vrae oor dranklisensiewetgewing te e-pos na tbasson71@gmail.com of hom te kontak by sel 060 392 2579.