Dysselsdorpers kan hier vra oor Gemeenskapspolisieringsforum

DIE woordvoerder van die Dysselsdorp Gemeenskapspolisieringsforum (GPF). Trevor Basson, het inwoners genooi om hom te nader met enige vrae oor die werksaamhede van die GPF.

Onder die onlangse werksaamhede van die GPF was ’n vergadering met gnl maj Reginald Oswald (bevelvoerder van die Eden Cluster) einde Januarie om beter polisiering te bespreek.

Lede van die gemeenskap het tydens die vergadering onder meer vrae gevra en voorstelle gemaak wat polisiediens kan verbeter.

“Mense moet aanhou om die oë en ore van die polisie te wees,” het Oswald gesê.
“Ons wil ook graag organisasies nooi om deel te neem aan die Gemeenskapspolisieringsforum. Aansoekbriewe kan by die Dysselsdorpse Polisiekantoor ingehandig word.”

Dan Plato, Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, het ook die vergadering bygewoon.
• Kontak Basson by sel 060 392 2579 of per e-pos by tbasson71@gmail.com