AfriForum Oudtshoorn plant 15 bome op dorp

Lede van AfriForum Oudtshoorn het Saterdag vyf witstinkhoutbome in die parkie op die hoek van Luscombe- en Buitekantstraat op die dorp geplant. Daar is voorts sewe kareebome in Rademeyerstraat en drie in Oostelike Weg geplant. Die boomplantery maak deel uit van ’n landwye AfriForum-projek waartydens sowat 3 000 bome geplant gaan word. Daar sal ’n totaal van 20 bome in Oudtshoorn geplant en weekliks deur die groep natgegooi word. Johan Fourie (wyksraadslid), Dalena Conradie, Johan Conradie, Arno Greyling, Dullon Jaftha en James Stokes. Agter van links is Christo Cloete en Piet Erasmus.  Foto: Angelique Erasmus