84 spanne by 10de Relay

’n Paar van die honderde Luminariasakkies wat tydens vanjaar se Relay for Life op Oudtshoorn om die tartanbaan uitgepak was ter ere van diegene wat aan kanker gesterf het of dit oorwin het. Na sononder is kerse in die sakkies aangesteek en die stadion se ligte verdoof vir ’n angrypende gesig.

DIE komitee wat vanjaar se 10de Relay for Life op Oudtshoorn gereël het, is baie dankbaar dat hulle al hul doelwitte kon bereik, sê die voorsitter, Riana Lindeque.

Volgens Lindeque is vanjaar se Relay deur ’n nuwe span mense gereël. “Ons het ons teikens gehaal wat ons vir onsself gestel het ten opsigte van die insameling van fondse en ook die 84 spanne wat deelgeneem het en die 82 kanker-oorwinnaars wat by die Relay was.”

Lindeque sê die komitee het veral daarop gefokus om so veel as moontlik kanker-oorwinnaars by vanjaar se Relay te betrek .

“Ons is bly dat ons dit kon regkry.”
En vir rus en ontspan is daar nie tyd nie. Volgens Lindeque het die komitee al klaar begin om 2018 se Relay te beplan.

• Saterdagaand en -nag se Relay for Life is weer eens gekenmerk deur uitste­kende ondersteuning deur inwoners uit alle gemeenskappe van Oudtshoorn en omgewing – iets wat die Relay ’n unieke en opbouende geleentheid maak. Dit was ook opmerklik dat oud en jonk ewe geesdriftig deelgeneem het.