Francois wen vleisdag

Gideon Badenhorst, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, saam met Francois Beets, wenner van die vleisdag, en Coenie Coetzee, naaswenner.    Foto: Higgo Jacobs

Gideon Badenhorst, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, saam met Francois Beets, wenner van die vleisdag, en Coenie Coetzee, naaswenner. Foto: Higgo Jacobs

Deur Ben du Preez
DIE Oudtshoorn Gholfklub se vleisgholfdag Saterdag is gewen deur Francois Beets met ’n telling van 44 punte.

Coenie Coetzee (42) was tweede. Etienne Roos, Dwayne Venter en Chris Serfontein, al drie met 39 punte, was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

Theo Fourie het die boerpot gewen. Celeste Barnard was naaste aan die pen op die 12de putjie. Spog-twees is behaal deur Johan Cornelissen op die 8ste en die 15de putjies en Willem Burger op die 12de.
• Fanie Greeff was Woensdag, 15 Februarie, met 39 punte die wenner van die individuele stableford-kompetisie. Louis Slabbert en Ettienne Roos, albei met 39 punte, was op ’n uittel tweede en derde. Lollies van Rensburg (37) was vierde, gevolg deur Francois Verwey en Bennie van Zyl, albei met 36. André Plaatjies het die boerpot gewen.

Higgo Jacobs was op die 12de putjie naaste aan die pen. Hy het ook ’n spogtwee op die 15de behaal. Ander spogtwees is behaal deur Reinhardt van Coller op die 8ste en die 12de, Frans Celliers op die 8ste en Hannes Smal op die 12de.