Foto van die Week: 7 November 2025

Tydens die Dryland Traverse se Krismis in November partytjie het die bekende platejoggie, Marshmello, deelnemers op die dansvloer vermaak. Seer bene is los gedans, blase op voete was vergete en die onthou van styl klimme en moeilike paaie is vervang met pure lag en plesier. Dit is natuurlik Oudtshoorn se eie Johan Brooks wat die voete so laat jeuk het in die Marshmello kostuum, die Kersvader weergawe. Foto: Oakpics