Om te dans in die reën!
Na maande se droogte, het die reën Maandagmiddag laat oor Prins Albert – geleë binne ’n verklaarde droogterampgebied – uitgesak. Dit het weer Dinsdaglaatmiddag en -nag gereën, en sowat 20 mm is op plase in die omgewing gemeet. Hier dans Minke Luttig en Isabella Coetzee Maandagmiddag by die Prins Albert-skouterrein in die reën. Foto: Marlene Malan