Foto van die Week: 29 Februarie 2024
Elkasun Shakeel - ’n volbloed arabierperd geniet ’n middagstappie op die plaas tydens die koeler weer. Die merk op sy skouer wys dat hy vanaf Perdebergstoet in die Vrystaat afkomstig is. Hy is deur die Elkasun stoet in Franschoek geteel en is nou so ongeveer ’n jaar in Oudtshoorn. Alhoewel hy ’n uithouritperd is, is hy uit goeie skoulyne geteel, en sal hy dalk een van die dae geleer word om skoupassies uit te voer: Foto: Angelique Erasmus