Foto van die Week

Die Swartberge se mooi en klipspringertjie op die Gamkaskloof pad. Interessante feite oor die klipspringertjie is dat dit een van die kleinste wildsbokkies in Afrika is en word op klipkoppies en bergagtige dele van Suider-, Oos-Afrika en Etiopië aangetref. Hierdie bokke is baie akrobaties en kan met gemak deur hulle rotsagtige habitat beweeg. ’n Klipspringer se hoewe is so gevorm dat dit lyk asof hy op sy tone loop. Foto: Maureen Visser