Foto van die Week

Die sterk kontras tussen die pragtige groen veld, lande wat reeds geoes is, bome steeds in hul winter- gewaad, ’n grondpad wat jou neem na avonture en natuurprag teenoor die spierwit lug, sneeu op die berge en blou van die Swartberge. Dit laat mens net weer opreg besef in watter natuurskone omgewing ons bly en hoe bevoorreg ons hier in die Klein Karoo is. Foto: Maureen Visser