Foto van die Week

Hierdie verlate geboue op Bloupunt buite Dysselsdorp se mure hou vas aan stories uit die verlede. Op 24 April 1971 het hierdie gemeenskap deurgeloop onder die apart­heidsregering se gedwonge verskuiwings. Saterdag (29 April) het oud-inwoners van hierdie gemeenskap hul 52ste herdenking van hierdie moeilike dag herdenk. Bloupunt is sowat 'n kilometer van Dysselsdorp geleë, net na die afdraai van die hoofpad. Foto: Stefan Skapie Goosen