Foto van die Week: 23 Augustus 2024

Dit is ongelooflik om deur die Swartbergpas te ry en te sien hoe wonderlik die natuur aanpas, deur tussen krake in die klippe te groei. Hierdie suikerbekkie drink nektar uit ’n aalwyn wat homself in die berg gevestig het. Die Klein Karoo is een van die mooiste plekke in die land met die mooiste verskeidenheid landskappe. Foto: Maureen Visser