Foto van die Week: 16 Januarie 2026
Hierdie foto is hierdie week op ’n plaas in Schoemanshoek, buite Oudtshoorn geneem. Die rooi om die son was as gevolg van verskeie aktiewe brande in die streek. Plekke soos Mosselbaai, Franschoek, Tsitsikamma, die Swartberge en selfs Heidelberg in die Overberg is geraak. Hoë temperature en winde bemoeilik toestande vir brandbestryders. Geen oop vure word tans toegelaat nie.
Foto: Angelique Erasmus