Die Klein Karoo is besonder droog vanjaar en lyk oor die algemeen nie na lente nie, maar daar is darem nog hier en daar ’n bietjie groenigheid en blommetjies te sien. Dié foto van Christine Schoeman en haar dogtertjie Mieke (2) is in die Buffelsdrift-omgewing by die Kango Grotte-pad geneem. Foto: Lemaryn Barendse