
Laerskool Laurus het Dinsdag 111 blikke en 15 sakke dierekos aan Margaret en Freddie Jordaan (links en regs agter) oorhandig vir hul Twinkles-projek waarmee hulle drie ton dierekos voor hul 50ste huweliksherdenking Saterdag wil insamel. Lesers kan Margaret by 044 272 5672 of 082 563 0619 kontak vir donasies. By hulle is van die leerders en Hein Crocker (voorsitter van die OSS-groep).