Verkeersveldtog

DIE Oudtshoorn Verkeersdepartement het ’n bewusmakingsveldtog geloods wat op dienslewe­ring fokus en sigbaarheid van verkeersbeamptes en die handhawing van ver­keers­wette in en om die dorp ten doel het.

“Die veldtog wil die publiek dwing om ver­keers­reëls te gehoorsaam en veilig te bestuur,” sê Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn.

Sporadiese padblokkades sal deur munisipale verkeersbeamptes, soms in samewerking met Provinsiale Verkeer en die SAPD, opgestel word.

Sylvester het inwoners versoek om te verseker dat hulle die volgende verkeersreëls nakom:
• Registrasie van alle voertuie op die pad.
• Die gehoorsaming van verkeersbeamptes.
• Die nakoming van snelheidsperke.
• Drink en bestuur: Dit is ’n misdryf om alkoholiese drank te drink of dwelms te gebruik wat kan veroorsaak dat ’n mens onverskillig bestuur.
• Geen minderjarige mag bestuur nie.
• Alle bestuurders moet geldige rybewyse hê
• Stop vir voetgangers by sebra-kruisings.
• Gehoorsaam verkeerstekens en verkeersligte.
• Maak ruimte op die pad vir noodvoertuie soos die brandweer en ambulans.
Stuur gerus voorstelle oor beter verkeersdienste aan comment@oudtmun.gov.za