Oud-Griffie skryf boek

’N oud-leerder van die Laerskool van Reede op Oudtshoorn, Chantell Davis, het pas ’n boek gepubliseer wat sy oorsprong tydens die grendeltydperk gehad het.

Davis, ’n pastoor van Oos-Londen en die ma van vier seuns, het die boek in 95 dae geskryf, met die doel om iets sinvol tydens die inperking te doen. In Royal Comeback: My Journey from Childhood Insecurity to Eternal Identity vertel sy van die traumatiese, skrikwekkende, merkwaardige en bonatuurlike gebeure wat haar lewe gevorm het. Sy het groot struikelblokke in haar lewe oorkom en sê sy is ’n lewende voorbeeld van God se helende krag.

Volgens Davis speel groot dele van haar storie op Oudtshoorn af waar sy grootgeword het. Sy en haar man, Kevin, het die New Life Ministries-kerk op Oudtshoorn gevestig, maar in 2015 na Oos Londen verhuis, waar hulle tans voltyds in die bediening is.

Volgens dr Melanie Frazer, ’n beradingsielkundige, is dit verfrissend om in die boek ’n vrou te sien wat nie probeer om haar foute en mislukkings weg te steek nie, en daardeur demonstreer hoe groot God se genade is.

Royal Comeback is aanlyn te koop by www.royalcomeback.com.

Vir meer inligting e-pos Davis by info@royalcomeback.com.