
Anton Strydom by die motor.
Die sterk rukwinde wat met vanmiddag se reënbui gepaard gegaan het, het ‘n karobboom agter die Queen’s Mall in Voortrekkerweg op Oudtshoorn op ‘n motor, wat onder die boom geparkeer is, gewaai.
Die motor, ‘n Citi Golf, behoort aan Anton Strydom, wat by Magister Graveurs langs Fleur Juweliers in die Mall werk.
Die motor se windskerm is gebreek en daar is skade aan die dak.
Die boom is ‘n paar jaar gelede deur Wim Maartens, eienaar van Magister Graveurs en Fleur Juweliers, geplant vir skaduwee. Hy is Strydom se voormalige skoonpa.