
Die Kaapse Weerkantoor van die SA Weerdiens voorspel bewolkte weer in die Klein Karoo vir die res van die dag met enkele buie en donderbuie.
‘n Koue front beweeg môre (Donderdag) in oor die gebied en bring koel tot koue weer vir die volgende twee dae. Teen die naweek is die weer egter weer mooi met temperature wat weer matig tot warm word.
Hier is die voorspelling van die Kaapse Weerkantoor van die SA Weerdiens vir Donderdag en Vrydag:
Donderdag, 13 April: Bewolk met ligte reënbuie soms. Wind: Matig to friswes tot suidwes. Min/Maks: 12/18
Vrydag, 14 April: Gedeeltelik bewolk. Wind: Lig tot matig suidoos. Min/Min: 07/17