Johan Claassen (regs), die WKOD se mentor-prinsipaal van die Hoërskool Protea in Wolfweg, Bridgton, saam met ’n afgevaardigde paneel bestaande uit ’n argitek, bourekenaar, ingenieurs en inspekteurs) tydens ’n vergadering Woensdag, 23 Augustus, om die WKOD-restourasieprojek aan die geboue van die nuutgestigte hoërskool te bespreek. Die restourasiewerk sal teen Junie 2018 in alle erns begin. Foto: Schalk le Roux
Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van twee senior weermagoffisiere wat tereg staan op klagtes van intimidasie is Dinsdag weer uitgestel omdat streeklanddros Mark van Wyngaardt steeds siek is.
Die saak is einde Junie vanjaar vir verdere verhoor van 28 Augustus tot 1 September op die hofrol geplaas.
Volgens die staatsaanklaer, adv Michelle Weyers, is die saak nou voorlopig tot 3 Oktober uitgestel.
Die twee beskuldigdes, kol Nkabu Nthejane, bevelvoerder van die Infanterieskool op Oudtshoorn, en ’n voormalige bevelvoerder, kol Xolani Mankayi, wou na bewering die Oudtshoorn Polisiekantoor opblaas en die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder.
Hulle pleit onskuldig op al die aanklagte teen hulle.