DIE Ladismith Polisie doen tans ’n geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ’n 36-jarige man in die veld naby Sakkiesbaai gevind is.
Die oorledene is geidentifiseer as Ferdanan Speelman van Ladismith.
Volgens ao Jan Cedras, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is Speelman se liggaam na bewering Maandag deur mense wat in die veld geloop het, gevind.
Cederas sê die polisie vermoed in die stadium geen gemene spel nie.
Die uitslag van ’n nadoodse ondersoek was teen druktyd van Die Hoorn nog hangende.