Optog om regte en beskerming van vroue en kinders te vra

Women in Defence
‘n Groep vroue gelei deur die ANC se Vroueliga het vanoggend deelgeneem aan ‘n vreedsame protesoptog oor die regte en beskerming van vroue en kinders. Die vroue sê hulle veg teen die sluiting van die Malibongwe-skuiling vir vroue in Oudtshoorn en wil die munisipaliteit vra om aandag te skenk aan die regte en behoeftes van inwoners en veral kinders van Dysselsdorp en Riemvasmaak. Die onderburgemeester, Noluthando Mwati, het die groep toegespreek en hul memorandum ontvang. Sy het gesê as meer vroue by belangrike gesprekke betrek word, dit sal bydra tot die dorp se ekonomie en vooruitgang. Sy het gesê die munisipaliteit sal binne sewe tot 14 dae op die memorandum antwoord. Foto: Ilze-Mari Gründling