Daar is opwindende nuus vir Milka en Sebastiaan. Charmaine Beneke, skrywer van die reeks kinderboeke het pas ’n nuwe aktiwiteitsboek uitgereik.
In hierdie boeke kan maats speel, leer en hul verbeelding gebruik. Milka leer kinders dat Jesus hulle op die naam geroep het.
Aktiwiteitsboeke is beskikbaar in pdf-formaat of gedruk teen R100 per boek (posgeld uitgesluit) Kontak Beneke per e-pos by charmainevt@gmail. com vir bestellings, of skakel 076 291 3706.
Besoek gerus Milka en Sebastiaan se Facebook- blad vir meer oor hierdie oulike reeks. Jesaja 43:1 “Moenie bang wees nie, ek verlos jou. Ek het jou op jou Naam geroep, jy is myne.”
Milka en Sebastiaan kry hul eie aktiwiteitsboek
