Halfway Groep neem Hyundai Oudtshoorn en Knysna oor

Daar is opwindende nuwe veranderinge in die Oudtshoorn en Knysna motorbedryf, met die oorname deur die Halfway Groep wat op 1 Mei 2024 Hyundai Oudtshoorn en Hyundai Knysna oorgeneem het.

Die groep het in 1965 hul eerste handelaarskap geopen, en vir 59 jaar is die Halfway Groep reeds sinoniem met top-gehalte voertuie en diens in die motorbedryf. Die groep besit 25 nuwe motorhandelaarskappe in Suid-Afrika en Botswana.

Behalwe Toyota / Lexus / Hino besit die groep ook Hyundai, Nissan, Ford, Honda, JAC, Omoda en Jaecoo handelaarskappe.

Tesame met die oorname deur die Halfway Groep is daar ook ’n nuwe bestuur en operasionele span by Halfway Hyundai Oudsthoorn aangestel.

Jo-Marie de Kock is ’n bekende in die bemar-kingsbedryf en vir die laaste 9 jaar werksaam in die motorbedryf.

Sy is in Mei vanjaar as die nuwe handelaarshoof van Halfway Hyundai Oudsthoorn aangestel.

Met haar uiteenlopende kennis en ervaring in die motorbedryf sal alle nuwe en bestaande kliënte deeglik ondersteun word om die beste voertuig vir hul behoeftes te koop.

Verder is dit die span se doelwit om die beste nuwe- en gebruikte motorhandelaar in die Klein Karoo area te wees.

Tesame met ’n reeds hoogs bekwame span wat saam oor meer as 50 jaar se diens en kennis in die motorbedryf beskik, is hulle ook opgewonde en passievol om gehalte en professionele diens te lewer.

De Kock nooi die publiek uit om Halfway Hyundai Oudtshoorn se vertoonlokaal op die hoek van Langenhovenweg en Hoogstraat te besoek.

“Kom loer in en drink ’n lekker koppie koffie en kom ontmoet die Halfway Hyundai Oudtshoorn-span’’

Stephen le Roux, ’n kundige in motor onderdele en ook die werkswinkelbestuurder, het in Julie by die span aangesluit. Hy is ook ’n bekende gesig in die motorbedryf, en is ’n aanwins vir Halfway Hyundai Oudtshoorn.

Stephen nooi almal uit vir ’n gratis diens- en herstelkwotasie op enige Hyundai asook op alle fabrikate voertuie.

“Ons is ook RMI geregistreer wat ons in staat stel om alle motorfabrikate te diens.”
Jomari Solomons is die nuwe finansiële bestuurder. Sy verseker dat kliënte en die handelaarskap se administrasie seepglad bestuur word.

Robin Nichols, Theo Delport en John Scheepers is ’n gedugte verkoopspan en het uitgebreide kennis van nuwe en gebruikte voertuie.

Loer gerus na die verskeidenheid nuwe en topgehalte gebruikte voertuie om te verseker dat inwo-ners van die Klein Karoo gelukkige en veilige kilometers sal meemaak.

Anna-Marie Roeland is ook ’n bekende gesig in die motorbedryf en in Oudsthoorn en het in Junie by die span as diensadviseur aangesluit.

Gershwin Gibson, Hyundai Oudtshoorn se tegnikus, is Hyundai SA gesertifiseer en het meer as 8 jaar ondervinding by Halfway Hyundai Oudtshoorn. Hy staan reg om kliënte se voertuie te diens en te herstel.

Kiewiet Hendricks en Darryl Coetsee verseker dat elke motor binne en buite silwerskoon is voordat dit die handelaarskap verlaat en dat aflewerings van nuwe en gebruikte voertuie professioneel plaasvind.

Die Halfway Hyundai Oudtshoorn-span se uitgebreide kennis van die motorbedryf verseker elke klient van bekwame en topgehalte diens ten alle tye.

Kontak hulle gerus op 044 813 6126 of besoek die handelaarskap se vertoonlokaal op die hoek van Langenhoven en Hoogstraat waar die nuutste modelle en goeie tweedehandse voertuie regstaan.