Grebe’s Skopboksklub se lede het sewe goue medaljes, ses silwer en twee bronsmedaljes gewen by die SAKA SA Skopbokskampioenskap van 27 tot 29 April in Pretoria. Die spanlede is voor van links Ranger Grebe (goud en silwer), Wian Grebe, Divan Rademeyer (goud) en Sadika Nait-Saidi; middel van links Jacquine Strydom (goud), Megan Grebe (2 silwer) en Ben Greeff (brons); en agter van links Jenovan Fortuin (silwer), Thomas Bell (goud), JD Ginister (goud en silwer), Ali Nait-Saidi (goud en silwer) en Audan Olivier (goud). Ses lede van die klub is vir die Protea-span gekies en twee vir die Presidentspan. Tien lede het gekwalifiseer om in 2019 aan die Turkye Ope in Antalya te gaan deelneem.