De Krans het weereens bewys dat hulle een van die land se beste portprodusente en wynmakers is. Die kelder se Cape Vintage Reserve 2022 is deur die Britse wynmeester, Tim Atkin, as die top- portwyn aangewys in sy jaarlikse South African Wine Report. Dié port het ’n puntetelling van 94 behaal.
Nog vier van De Krans se wyne het 90+ behaal. Die Cape Tawny Limited Release en die Tritonia Red 2022 het albei 92 behaal. Die Garden Route Sauvignon Blanc 2024 het 91 behaal met Touriga Nacional 2022 kort op sy hakke met 90 punte.
Met die opstel van die jaarlikse verslag het Atkin 2 256 wyne van 425 produsente wêreldwyd geproe.
Mense wat die 2022 Cape Vintage Reserve wil proe, sal bietjie geduldig moet wees. Dié kampioenport sal teen die einde van die jaar direk by De Krans se kelder op Calitzdorp beskikbaar wees.
De Krans doen dit weer
