Boplaas se port kry hoogste punte

Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port wat die prestasie behaal het om deur Wine Magazine aangewys te word as een van net 19 Suid-Afrikaanse wyne wat ’n punt van 90 of hoër  behaal. Dié Boplaas-port  is al verskeie kere voorheen ook bekroon. Foto: Verskaf

Die Boplaas Cape Vintage Reserve Port wat die prestasie behaal het om deur Wine Magazine aangewys te word as een van net 19 Suid-Afrikaanse wyne wat ’n punt van 90 of hoër behaal. Dié Boplaas-port
is al verskeie kere voorheen ook bekroon.
Foto: Verskaf

BOPLAAS Wingerde op Calitzdorp se Cape Vintage Reserve Port 2007 is een van slegs 19 Suid-Afrikaanse wyne wat 10 jaar verouderd is en ’n punt van 90 of meer gekry het in Wine Magazine.
Onder die 41 produsente wat ingeskryf het, het die Boplaas Cape Vintage Reserve 2007 die hoogste punt van alle porte gekry, naamlik 91.

Dié port het as jongwyn die SA Kampioenport- trofee en ’n goue medalje by Veritas gewen.
Dit is gemaak van klassieke Portugese kultivars in die tradisionele styl. Dit is na twee jaar se veroudering in Portugese vate gebotteleer. Dié port met sy donker kleur en sjokolade-, neut en bessiegeure kan nog 30 jaar in die bottel verouder.