Koue Prins Albert se sneeu

PA sneeu vanaf hoofstraatPAsneeu3PAsneeu4

Dit is bitter koud op Prins Albert waar Marlene Malan hierdie foto’s van die sneeu op die Swartberge geneem het. Die eerste foto is geneem vanaf Kerkstraat, Prins Albert se hoofstraat. Marlene sê sy het na Die Gang (Prins Albert-vallei) gery om die sneeu ook van daardie kant af te sien en vertel dat die temperature in die middel van die dag tussen 2 grade C en 7 grade C gewissel het. Sy vertel voorts: “Op die Kredouw-hoogte (pas) was daar ‘n yswind, en ek het behoorlik gebibber toe ek uit die kar geklim het! En hoewel die son vandag op Prins Albert skyn, met hier en daar ‘n wolkie, is daar geen teken van reën nie, maar is dit baie koud.