Sterk winde mag môre (Saterdag) weer in die Klein Karoo, die Suid-Kaap en Oos-Kaap waai wat opnuut ‘n brandgevaar in dié gebiede sal skep.
Volgens Wayne Venter van die SA weerdiens kan sulke winde ook brandbestryding bemoelik.
“Daar is ‘n waarskuwing uitgestuur vir ‘n hoë brandgevaar vir die hele Suid-Kaap, Klein en Groot Karoo asook die westelike gedeeltes van die Oos-Kaap en hul suidkus. Enkele buie en donderbuie is in die oggend moontlik in die Klein en Groot Karoo met ‘n moontlikheid van enkele buie en donderbuie later in die middag wat sal versprei na die kus tot by Plettenbergbaai.”
Venter het mense versoek om versigtig te wees en enige brande aan te meld.
Waarskuwing: Saterdag 10 Junie 2017: 09:00 tot 18:00 – veldbrand-toestande word oor dele van die Karoo asook die Eden Distrik. verwag. div class=”_aok”>