
Die SAPD Oudtshoorn Veediefstaleenheid is tydens Agri Wes-Kaap se Jaarkongres op Donderdag 27 Julie aangewys as die beste veediefstaleenheid in die Wes-Kaap. Die beoordeling is gedoen op grond van produksie-inligting van die SAPD van al die veediefstaleenhede in die provinsie gedurende die 2016/2017-boekjaar. Hier os van links Theunis Smit, voorsitter van die provinsiale veediefstalkomitee, S/A/O Fasie de Kock, waarnemende bevelvoerder van die SAPD Oudtshoorn Veediefstaleenheid, en Hein Vollgraaf, bestuurder by BKB.
Groete,