Wyksvergaderings
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het die afgelope week met openbare vergaderings in die eerste wyke van Oudtshoorn begin om na die behoeftes van inwoners te luister vir die hersiening van die geïntegreerde ontwikkelings- plan van 2018/19.
Die volgende vergaderings vind plaas vandag (Wyk 4 – Thusong Sentrum), en volgende week Maandag (Wyk 5 – Smartie Town Crèche Gebou), Dinsdag (Wyk 6 – Toekomsrus Gemeenskapsentrum), Woensdag (Wyk 7 – St Nicholas Kerksaal) en Donderdag (Wyk 8 – Thusong Sentrum).
Alle vergadering begin om 19:00. Die vergaderings duur tot 30 Oktober. Inligting ook op: http://www. oudtshoorn.gov.za/ download_document/1258